Dramatiese Kunste

Sedert 2001 word Dramatiese Kunste as addisionele vak by Hoërskool Stoffberg aangebied.  Hierdie vak bied ‘n geleentheid vir alle aspirant aktrises-en akteurs om hul talente ten toon te stel en hul tande te slyp vir die ‘real thing’… Jy weet mos nooit wanneer iemand jou gaan raaksien soos Charlize Theron nie…

Hierdie vak is groot pret en bied twee komponente aan leerders:  Teorie (waar ons leer van Shuster tot Shakespeare) en Prakties (die ‘acting’ van Shuster tot Shakespeare).

Jaarliks gaan sien ons ‘n teaterproduksie en vanjaar het ons “Dinner for one” gaan kyk.  Die matrieks neem ook jaarliks deel aan ‘n werkswinkel by die Staatsteater in Pretoria en vanjaar was groot pret!  Kinderteater is ook ‘n groot hoogtepunt op ons kalender in die vierde kwartaal; dis nou wanneer jy toegelaat word om jou ‘inner child’ uit te leef.

Oudleerlinge wat hierdie vak geneem en terdeë geniet het en wat nou hulself in die professionele toneelwêreld uitleef sluit in:
            Dylan Naiker
            Loriska Bubb
            Erika Fourie
            Sean Smit… en natuurlik ook Juffrou Scrooby (Ja, ek was een van die eerste leerlinge wat hierdie vak geneem het in 2001 en nou bied ek dit aan.  Nog altyd onder leiding van ons dierbare tannie Elizabeth… wat ‘n voorreg!).

Nou ja, as jy nog wik en weeg of jy hierdie vak moet neem of nie… onthou net, Vin Diesel het ook ‘acting’ op skool geneem… en al die ander bekendes ook!


“Reach for the moon… you might end up between the stars…”

terug na kutuur en sosiaal blad



2010 Matriekuitslae
Oos-Gauteng Prestasie
............................................meer info...
.................................................................
Liefdadigheidsweek
Hoërskool Stoffberg beywer hom steeds om te voorsien in die nood van behoeftige gesinne...
............................................meer info...
 
Dissiplinêre komitee 2011

............................................meer info...
 
Geskiedenis van die skool
Hoërskool Stoffberg moes na die amalgamasie van 1976 nuwe skooldrag, ‘n skoolwapen en ‘n leuse kry.
............................................meer info...
 
Die skoolwapen
Die Hoërskool Stoffberg kry sy beslag op Dinsdag, 15 Oktober 1946, toe ons as Stoffberg Junior Hoërskool van die Laerskool Kommando afgestig het met ‘n leerdertal van 195.
............................................meer info...
 
Skoollied
............................................meer info...
 
Lag 'n Slag! ...........................................meer info...
................................................................

Nog Foto's
..........................................meer info...