Liefdadigheidsweek - 2011

Hoërskool Stoffberg beywer hom steeds om te voorsien in die nood van behoeftige gesinne aan ons skool verbonde. Ons voorsien ook steeds kospakkies aan behoeftige leerders by die skool. Sommige leerders eet slegs dít wat ons aan hom/haar by die skool voorsien. Danksy elke Stoffie se ruimhartige bydrae kan ons weer ‘n verskil maak in ander se lewe.

Elke dag van Maandag tot Vrydag het ‘n tema:

Tema: Badkamerdag







Tema: Friday the 13th...







Tema: Jerry Springer dag



 




 

Welwillendheid by Stoffberg

Die afgelope vyf jaar loods die leerders van Hoërskool Stoffberg jaarlliks 'n klere-insamelingsprojek.  Kaste word leeggemaak en alle klere, skoene, komberse, sportdrag ens. wat geskenk kan word, word skool toe gebring.  Jaarliks neem die hoeveelheid toe, omdat die Stoffies met ruim harte gee.

Alles wat ingesamel word, word gesorteer en in die saal uitgepak, waarna die gemeenskap dan die geleentheid het hul om na hulleself te help.  Daarna word die res versprei na plaaslike welsynsorganisasies en kinderhuise.  Daar is selfs klere voorsien aan 'n kinderhuis op Belfast en aan 'n evangelisasie-uitreik na Chibuto in Mosambiek.

Enige skenkings is welkom en kontak ons gerus as u weet van enige persone wat daarby baat kan vind.
Kontak me Weys by 011 740 0210

 

“MENSE GEE NIE OM HOEVEEL JY WEET, TOT HULLE WEET HOEVEEL JY OMGEE NIE!!!”

 

BAIE DANKIE AAN ELKE STOFFIE WAT ‘N BYDRAE GELEWER HET, JY HET ‘N VERSKIL GEMAAK!!!

terug na kutuur en sosiaal blad



2010 Matriekuitslae
Oos-Gauteng Prestasie
............................................meer info...
.................................................................
Liefdadigheidsweek
Hoërskool Stoffberg beywer hom steeds om te voorsien in die nood van behoeftige gesinne...
............................................meer info...
 
Dissiplinêre komitee 2011

............................................meer info...
 
Geskiedenis van die skool
Hoërskool Stoffberg moes na die amalgamasie van 1976 nuwe skooldrag, ‘n skoolwapen en ‘n leuse kry.
............................................meer info...
 
Die skoolwapen
Die Hoërskool Stoffberg kry sy beslag op Dinsdag, 15 Oktober 1946, toe ons as Stoffberg Junior Hoërskool van die Laerskool Kommando afgestig het met ‘n leerdertal van 195.
............................................meer info...
 
Skoollied
............................................meer info...
 
Lag 'n Slag! ...........................................meer info...
................................................................

Nog Foto's
..........................................meer info...