Verenigde Christen Studente Vereniging
“Ek is die weg en die waarheid en die lewe.” Joh. 14:6a
Met hierdie teksvers as riglyn volg ons Stoffies, Jesus se voorbeeld en ons kyk na Hom as die enigste Weg, die enigste Waarheid en die enigste Lewe.
Burd Cordier, ons ‘local’ sendeling en sy vrou Anerene staan in die voltydse bedizening as diensknegte van God en bedien ons met hulle tyd en gawes by Hoërskool Stoffberg. Burd bring elke Donderdag, pouse vir ons ‘n boodskap en behartig soms saalopeninge. Burd, Anerene en tannie Petra beraad leerders wat nodig het om te gesels en Burd kan gekontak word by lifeguardsinfo@gmail.com0767350447 of 0813814141.
Kwartaal 1 se koffiekroeg-byeenkoms was ‘n groot sukses; Burd het met ons gepraat oor die Vaderhart van God en die ‘band’ Bluehouse,met Arnold de Wet as hoofsanger, het ons gelei in lof-en-aanbidding. Ons nooi almal uit om Kwartaal 2 se koffiekroeg by te woon op Woensdag 25 Mei 2011 om 18:00 tot 21:00.
Daar is elke Donderdag VCSV tydens pouse in die ou saal.
Bid asseblief vir ons VCSV, ons skool, ons leiers en ons dorp.
“Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My (Jesus) nie.” Joh. 14:6b
|