Hoërskool Stoffberg moes na die amalgamasie van 1976 nuwe skooldrag, ‘n skoolwapen en ‘n leuse kry.
Die skoolwapen is deur Me C Terblanche (personeellid) ontwerp, terwyl die leuse, voorgestel deur Mnr. P Viljoen “VAN KRAG TOT KRAG” aanvaar is.
Hierdie wapen weerspieël die amalgamasie. Die rat (vooruitgang, ontwikkeling) is behou uit die wapen van die Hoër Handelskool, en die ketting (eenheid en sterkte) is afkomstig uit dié van die Hoër Seunskool. Die sentrale gedeelte simboliseer ook die samevoeging van die twee skole: die kruis- samevoeging; die sirkel – eenheid.
As geheel gesien, ondersteun die wapen die leuse “VAN KRAG TOT KRAG” volmondig. |