Dramatiese Kunste

Sedert 2001 word Dramatiese Kunste as addisionele vak by H/S Stoffberg aangebied. Hierdie vak bied ‘n geleentheid vir alle aspirant aktrises en akteurs om hul talente ten toon te stel en hul tande te slyp vir die industrie… Jy weet mos nooit wanneer iemand jou gaan raaksien soos Charlize Theron nie…


Hierdie vak is tegelyk harde werk asook groot pret en bied twee komponente aan leerders: Teorie (waar ons leer van Shuster tot Shakespeare) en Prakties (die ‘acting’ van Schuster tot Shakespeare).


Die matrieks neem ook jaarliks in die eerste kwartaal deel aan ‘n werkswinkel by die Staatsteater in Pretoria. Elke jaar, in die derde kwartaal, gaan sien ons ‘n teaterproduksie en verbreed so ons horisonne as gehoorlede. Kinderteater is ook ‘n groot hoogtepunt op ons kalender in die vierde kwartaal, dis nou wanneer jy toegelaat word om jou ‘inner child’ uit te leef.


Nou ja, as jy nog wik-en-weeg of jy hierdie vak moet neem of nie… Onthou net, Vin Diesel het ook ‘acting’ op skool geneem… en die meeste ander bekendes ook!

 

“Reach for the moon… you might end up between the stars…”

STOFFBERG, DIE SKOOL WAAR ONS, ONS MENSE SE POTENSIAAL TEN VOLLE ONTWIKKEL
© (2019) HS Stoffberg. All Rights Reserved.