@Faith

Stoffberg At Faith is weeklikse byeenkomste wat gehou word op Dinsdae tydens pouse.  Dit word aangebied vir leerders wat vrywillig weeklikse "padkos" wil ontvang vir hulle siel.  Ons bied ook ondersteuning en motivering aan vir leerders wat deur moeilike tye gaan.

Juf Monique van Zyl is met soveel entoesisme in beheer van die @Faith en nooi die leerders met groot liefde uit na die weeklikse byeenkomste.

Ons bid dat Jesus 'n realiteit in 'n donker wêreld sal wees, dat Sy lig elke vrees sal bedek en dat elkeen sy/haar dagtaak tot eer van God sal kan uitvoer.

“Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My (Jesus) nie.” Joh. 14:6

 

Ons @Faith geestelike  leiers sluit in:  Rudi Botha, Niel Smit, Dawid Lambrecht, Alichia Pieterse en Lizelle van Vuuren.

Jesusliefde vergesel ons personeel, leerders en ouers!

 

STOFFBERG, DIE SKOOL WAAR ONS, ONS MENSE SE POTENSIAAL TEN VOLLE ONTWIKKEL
© (2019) HS Stoffberg. All Rights Reserved.