Produksie 1

Vir 21 jaar agtereenvolgens vermaak en betower ons gehore met ons dans, sang en dekor. Stoffberg stap vooruit en probeer elke jaar iets nuuts en meer opwindend as die vorige jaar. Joseph, Christian, Grease en Big Bass Drum is al op ons kerfstokkie van sukses. Verskeie kunstenaars in ons land het hulle debuut in Stoffberg se revues gemaak voor hulle ‘n suksesvolle beroep in die bedryf begin het.


Runette Botha( opera in Duitsland), Loriska Bubb(Mwah), Ilze Coetzee ( Staatsteater), Dillon Naicker( Tv programme), Marius van Staden(Ser by UJ). Temas, temas en nogmaals temas! Temas waarvan jy nog nie gehoor het nie, is al hier gedoen en gaan verseker nog gehoor en gesien word.

Ons is ‘n skool wat ons eie manjefieke skoolsaal elke jaar omskep in ‘n teater, sodat ons gehore net die beste van die beste kan beleef. Ons is ‘n trotse ondersteuner van Dolf Brits Studio, stereoklank , opnames en dvd's wat verseker dat al ons produksies van hoogstaande, professionele karakter spreek.

 

Hier ontwikkel kinders hul talente en bou ons aan ‘n kunstenaar wat gereed is om sy toekoms met sukses aan te pak!

STOFFBERG, DIE SKOOL WAAR ONS, ONS MENSE SE POTENSIAAL TEN VOLLE ONTWIKKEL
© (2019) HS Stoffberg. All Rights Reserved.