Verbruikersdinee

Een van die hoogtepunte van 'n Verbruikerstudieleerder is die Verbruikersdinee wat jaarliks aangebied word aan die einde van die eerste kwartaal.

Verbruikerstudieleerders tree op as gasheer/gasvrou van sy/haar tafel. Elkeen besluit wat die tema van sy/haar tafel is en dan word dit daarvolgens gedek en versier. Beoordelaars van buite beoordeel elke tafel en pryse word toegeken.

Leerders word ook tydens hierdie spoggeleentheid vereer vir harde werk.Daar word lekker geëet, gekuier en gedans.

 

Voorwaar 'n funksie waarop Stoffberg trots is!

STOFFBERG, DIE SKOOL WAAR ONS, ONS MENSE SE POTENSIAAL TEN VOLLE ONTWIKKEL
© (2019) HS Stoffberg. All Rights Reserved.