Monetêre Beleidskomitee (MBK)

Hoërskool Stoffberg se Ekonomie Gr. 12-leerders neem jaarliks deel aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) se Monetêre Beleidskomitee (MBK) Uitdaging vir hoërskole in Gauteng.

Dié kompetisie is in 2012 geloods. Die deelnemende skole moet ‘n opstel skryf oor wat hulle dink met die repokoers moet gebeur. (Die SARB gebruik die repokoers om inflasie te beheer en binne hul teiken van 3 – 6 % te hou.) Om dit te kan doen moet die leerders ‘n studie maak van die huidige Suid-Afrikaanse en internasionale ekonomie, spesifiek ekonomiese veranderlikes wat ‘n invloed het op die inflasiekoers. Op grond daarvan moet hulle dan vooruit bepaal wat met hierdie veranderlikes gaan gebeur in die volgende 6 – 24 maande. Dan moet hulle die inflasiekoers vooruitskat om te bepaal wat met die repokoers behoort te gebeur. Die opstel moet boonop in Engels geskryf word.

Vyf finaliste is in 2012 en in 2013 gekies, waaronder Hoërskool Stoffberg se MBK (5 leerders in 2012 en 4 leerders in 2013). Die leerders moes toe ‘n voorlegging lewer (in Engels) voor die SARB se MBK-ekonome en daarna moet hulle vrae deur hierdie ekonome beantwoord. Die leerders het oorgeslaap in die Classique Court Suites in Pretoria waar hulle deur die SARB onthaal is.

In 2012 het Stoffberg tweede geëindig uit ongeveer 55 skole wat ingeskryf het. In 2013 was ons vierdie uit die aanvanklike ± 70 skole wat vir die kompetisie ingeskryf het. 2012 se leerders het R8 000 en 2013 se leerders R4 000 gewen.

STOFFBERG, DIE SKOOL WAAR ONS, ONS MENSE SE POTENSIAAL TEN VOLLE ONTWIKKEL
© (2019) HS Stoffberg. All Rights Reserved.