Redenaars

Afrikaans – sêgoed is skietgoed!
By Hoërskool Stoffberg spog ons met dinamiese sprekers wat hul sê kan sê en hul standpunte kan beredeneer. Ons is trots op elke Stoffberg Redenaar.

So ‘n bek moet jêm kry!
Stoffie-sprekers neem in die eerste kwartaal deel aan ons interne Redenaars kompetisie en die top 2 leerders in elke graad dring deur na die jaarlikse Interdorp Redenaars kompetisie. Stoffberg leerders het jaar in en jaar uit al stof(f) in die ander sprekers se oë geskop en uitsonderlike prestasies behaal. Op provinsiale vlak neem ons leerders deel aan die Gauteng Interskole Redenaarsliga, waar ons puik prestasies behaal. Stoffberg loop beslis oor van uitsonderlike en besonderse kinders met die wonderlikste talente!

Leerders neem met vrymoedigheid deel aan die ATKV Redenaarskompetisie en vaar besonders goed.
Ons is elke jaar opgewonde om Gr.8 sprekers te verwelkom in ons Redenaarsspan en sien uit na al die geleenthede wat Redenaars ons kan bied.


Afrikaans – trippel op al meer tonge!

STOFFBERG, DIE SKOOL WAAR ONS, ONS MENSE SE POTENSIAAL TEN VOLLE ONTWIKKEL
© (2019) HS Stoffberg. All Rights Reserved.