Hoof se woord

Die Hoof en Personeel van Stoffberg wil u as gesin hartlik welkom heet op ons skool se webtuiste. Ons vertrou dat al u vrae êrens op u kuberreis op ons blad beantwoord sal word.

 

Welkom by dié skool waar gelukkige kinders werk aan ‘n suksesvolle skoolloopbaan waar elkeen 'n "Stoffie" in murg en been word op wie die skool altyd trots kan wees. Ons is ’n hoërskool waar personeel, ouers en kinders se persoonlike betrokkenheid help om die mooi tradisies van die skool te handhaaf en uit te bou.

 

Ons bede is dat elke ouer en kind van Hoërskool Stoffberg net die grootste vreugde, voorspoed en sukses mag smaak in ’n skool wat gebou is op sewe pilare – Lojaliteit, Respek, Getrouheid, Eerlikheid, Netheid, Dissipline en Christelike Normes en Waardes.

 

In Stoffberg werk elke leerkrag om te vertrou op die krag en genade wat ons elke dag ontvang om die uitdagings en versoekings wat vir ons wag, met sukses die hoof te bied.

STOFFBERG, DIE SKOOL WAAR ONS, ONS MENSE SE POTENSIAAL TEN VOLLE ONTWIKKEL
© (2019) HS Stoffberg. All Rights Reserved.