Gholf

 

Gholf word met groot entoesiasme by Stoffberg aangebied as 'n sport.

Ons probeer om elke jaar aan die skole liga deel te neem en die spelers pak hierdie uitdaging met groot ywer aan. Dit is vir ons ‘n voorreg om van ons ouers te betrek om te help met die spelers se afrigting.

Stoffberg se gholfspelers en ouers het al onderskeie gholftoere onderneem na plekke soos Mooinooi, Sun City en Euphoria. Ons probeer om die spelers aan soveel moontlik gholfbane soos Peacanwood, Magaliespark en Lost City in Noordwes provinsie bloot te stel vir die ervaring en pret.

Tydens ons Suidkustoer word onder andere bane soos Margate, Port Shepstone, Mndoni en South Broom gespeel. Die spelers geniet hierdie toer geweldig baie.

Stoffberg beplan 'n toer na die Laeveld om bane soos Hazyview, Krugerpark, Skukuza en Malelane te speel. Hierdie geleentheid om aan gholf op skoolvlak deel te neem gee vir die spelers die geleentheid om ‘n gesonde en gebalanseerde leefstyl aan te leer.

 

 

STOFFBERG, DIE SKOOL WAAR ONS, ONS MENSE SE POTENSIAAL TEN VOLLE ONTWIKKEL
© (2019) HS Stoffberg. All Rights Reserved.