Hokkie

Hier by Stoffberg moedig ons alle leerders aan om deel te neem aan ons wye verskeidenheid van aktiwiteite, waarvan hokkie ‘n opwindende deel uitmaak. Die dogters neem gretig deel aan die proewe om span te maak aan die begin van elke seisoen en gee dan daarna net hul beste vir hul spanne. Die spelers ontwikkel dan fisies en geestelik tot sterker individue en spanlede. Hokkie is ̔n spansport waaraan enige dogter kan deelneem. Ons het ̔n 0/14, 0/15, 0/16, 1e en 2e span wat almal deelneem aan die NWU 16 sportreeks, Oos- Gauteng liga asook die Noordvaal kompetisie.

Elke jaar spog Stoffberg met spanne wat deurdring na die Oos- Gauteng se semi- finaal. Ons lewer jaarliks ook spanne op wat die liga wen en deurdring na die Noordvaal kompetisie. By hierdie kompetisie spog Stoffberg ook met spanne wat al aangewys is as span met die beste doelgemiddeld.

By ons beteken Stoffies Hokkie die volgende:

  • Suksesvolle
  • Trotse
  • Opgewonde
  • Fantastiese
  • Intelligente
  • Eksentrieke
  • Spelers


WAT

  • Hoogsaangeskrewe
  • Oorspronklike
  • Kreatiewe
  • Karaktervolle
  • Interessante
  • Entoesiaste


WORD

 

 

STOFFBERG, DIE SKOOL WAAR ONS, ONS MENSE SE POTENSIAAL TEN VOLLE ONTWIKKEL
© (2019) HS Stoffberg. All Rights Reserved.