Krieket

Krieket is een van die vele sporte wat met groot ywer by Stoffberg aangebied word. Hierdie sportsoort bied aan die spelers geleenthede om bo hul ouderdomsgroepe deel te neem en te ontwikkel. Van die spelers word die nodige blootstelling gegee om aan die senior komponent van die skole-liga deel te neem, waar hulle op Saterdae vir die o/19 span speel.
Stoffberg is geaffilieer by die Easterns Schools Cricket Assosiation wat die skole beheerliggaam is. Tans is Stoffberg ingeskryf in die Goue-liga wat genoegsame geleentheid bied vir die spelers om kompeterend deel te neem aan ‘n sport wat hulle geniet en waarvoor hulle lief is.

‘n Kultuur word gekweek waar ons poog om die spelers aan te moedig om in die sport te presteer sodat daar ‘n geleentheid is vir insluiting in klubspanne en as die speler werklik potensiaal het, ook verdere insluiting in streekspanne en selfs dalk deelname op provinsiale/nasionale vlak.

So was Johan du Preez, hoofseun 2010, in 2010 en 2011 in die SA o/19 Protea span as paaltjiewagter ingesluit bo Quintin de Kock wat huidiglik in die eendagspan van die Proteas presteer. In 2009 is hy lid van 0/19 Easternspan (Kaptein), 0/18 Khaya Majola Coke week (Kaptein), 0/18 Coltspan, 0/17 Titans Cub span. In 2010 word hy gekies vir die SA skolespan.

 

STOFFBERG, DIE SKOOL WAAR ONS, ONS MENSE SE POTENSIAAL TEN VOLLE ONTWIKKEL
© (2019) HS Stoffberg. All Rights Reserved.