Rugby

Die nasionale sport van Suid-Afrika… hier by Stoffberg ‘n geleentheid om deel te neem aan ‘n spansport saam met 21 ander pêlle. Rugby by Hoërskool Stoffberg is opreg, eerlik en doelgerig om die jong seuns ‘n goeie grondslag te gee en toe te rus met ‘n gesonde gees en liggaam.

Wen is ‘n voorreg waarvoor ons voorwaar hard werk. Dit is nie iets wat ons verniet soek nie, maar eerder opreg en eerlik wil verdien. Die seuns leer om as individu en as spanspeler deel te neem en die sport te geniet. Dit is die kans waarvoor elke seun wag om so bietjie die boeke opsy te skuif en saam met sy maats en afrigters die middag deur te bring.

Stoffberg neem deel in verskeie reekse deur die loop van die jaar: NWU 16 , Valke-liga en Virseker Beker. In al drie hierdie reekse het Stoffberg al die hoogste toekennings ontvang, omdat ons beskik oor goed toegeruste Vlak 3, toegewyde afrigters en lojale seuns. Verskeie van ons spelers het die Valke al verteenwoordig by die 15-man formaat en ook by die 7's.

Ons tree eerbiedig op teenoor ons opponente, skeidsregters en besoekers - ‘n ware Stoffie leuse. Ons ontvang so ook gereeld die toekenning vanaf die skeidsregtersunie as skool met die beste gasvryheid en beleefde toeskouers.

Kom beleef hierdie sukses saam met ons!!!!

Stoffberg Rugby logo
STOFFBERG, DIE SKOOL WAAR ONS, ONS MENSE SE POTENSIAAL TEN VOLLE ONTWIKKEL
© (2019) HS Stoffberg. All Rights Reserved.