Skaak

Ons glo hier by Hoërskool Stoffberg se skaakspan aan 'n leuse van : Ons leef dit en ons lief dit!

As jy graag wil skaak speel kom meld gerus aan wanneer jy die kansie kry. Jy sal verseker nie spyt wees nie! Stoffies skaakspelers bou vinnig hegte vriendskapsbande wat ‘n leeftyd hou. Ons glo dat hierdie spel ons brein op baie terreine ontwikkel en stimuleer. Hoeveel sportsoorte ken jy wat dit doen?

Ons affilieer by D5 Skaakliga vir deelname en die liga duur vanaf April tot September. Stoffies skaakspelers het al groot suksesse behaal.

Ons glo ook nie net aan wen of verloor nie maar wat jy by ander kan leer om jou meer skaakwys te maak.

Kom word 'n deel van ons deur op te daag en dalk wen jy 'n prys of twee, deur gereeld te kom oefen en saam te leer en lag! Skaak is verseker ‘n “skuif” in die regte rigting!

STOFFBERG, DIE SKOOL WAAR ONS, ONS MENSE SE POTENSIAAL TEN VOLLE ONTWIKKEL
© (2019) HS Stoffberg. All Rights Reserved.