Staptoer

In 1994 is 'n stapklub, genaamd die "Stofftrappers" by Hoërskool Stoffberg gestig. Die eerste staptoer was die Prospekteerdersroete by Pelgrimsrus en is deur 10 leerders en 3 onderwysers onderneem.


Sedertdien het die klub geweldig gegroei en pak ons elke jaar gedurende die Septembervakansie ons rugsakke, en pak een van die pragtige staproetes in ons mooi land aan. Die roetes wissel van 3 – 6 dae en sluit onder andere die volgende roetes in :Fanie Botha staproete, Blyderivierspoort-, Magoebaskloof-,  Tsitsikamma- en Outeniqua- staproete.


Tydens so 'n avontuur-staptoer leer ons onsself en mekaar beter ken, en kom ons baie naby aan ons Skepper! Ons vergeet vir ‘n paar dae van skoolwerk en ander bekommernisse en word Tarzans en Janes. Ons swem in riviere, swaai op boomtakke en spring van rotse af in yskoue poele! Ons het selfs al “tree-canopying” en brugswaai gedoen.


Om 'n Stofftrapper by Hoërskool Stoffberg te wees, is 'n fantastiese voorreg! Ons kan elke jaar nie wag vir die volgende belewenis van ‘n staptoer nie!

STOFFBERG, DIE SKOOL WAAR ONS, ONS MENSE SE POTENSIAAL TEN VOLLE ONTWIKKEL
© (2019) HS Stoffberg. All Rights Reserved.