Atletiek

 

Atletiek is ‘n seisoen wat vinnig begin, baie hoogtepunte bied en amper net so vinnig weer eindig. By Stoffberg is atletiek egter vir ons baie belangrik prestasie- en pretgewys! Die leerders, atlete, afrigters, onderwysers en ouers geniet elke oomblik van die atletiekseisoen!  Hier word massadeelname aangemoedig en so versterk ons die "gees" in die skool.


Die hoogtepunt van die atletiekseisoen is beslis die Interhoër (Stoffberg, Delmas, John Vorster, Oosterlig en Leeuwenhof Akademie) – nie net vir die atlete nie, maar definitief ook vir die toeskouers! Ons berei jaarliks voor om hierdie hoogtepunt met ywer op die pawiljoen aan te pak. Onder leiding van opgewonde dirigente het ons groot pret op die pawiljoen! Energieke danspassies op die maat van die nuutste musiek, asook atletiek krete van ouds, kikker atletiekbyeenkomste op. Ons het beslis die gees!


Hoërskool Stoffberg se cheerleaders spog elke jaar by die Interhoër met hulle uitsonderlike talent en goeie dissipline. Elke jaar maak hulle die skool trots en dit is meeste dogters se droom om deel van hierdie span te word. Die cheerleaders is ‘n span ywerige dogters wat nie tweede beste as opsie aanvaar nie.


STOFFBERG, DIE SKOOL WAAR ONS, ONS MENSE SE POTENSIAAL TEN VOLLE ONTWIKKEL
© (2019) HS Stoffberg. All Rights Reserved.