Skyfskiet

Hoërskool Stoffberg se Skyfskiet gaan van krag-tot-krag en is elke jaar in die kol.

Stoffberg het in 25 jare skuts van gehalte opgelewer waaronder ‘n junior Springbokskut. Die oorgang na die 3-Posisie luggeweer het glad verloop en Stoffberg spog reeds met ‘n groot aantal provinsiale skuts wat Oos-Gauteng by die SA kampioenskappe verteenwoordig het.

Daar word in drie dissiplines gekompeteer nl. die Presisie-, Sporter- of Veerklas. Die skoolskuts affilieer onder drie ouderdomsgroepe in elke klas – O/13, O/16 en O/21. Selfs leerlinge wat nog in die laerskool is, waar die skool self nie geaffilieer is nie, mag by Stoffberg as O/13 skuts affilieer – in 2012 het só ‘n skut provinsiale kleure verwerf - Stoffberg is oop vir hulle!

Die skietlokaal onder die verhoog van die Peet Aucampsaal is volledig toegerus en kan tot 8 skuts op ‘n slag hanteer. Skuts affilieer by die skool, provinsiaal en nasionaal.

Skyfskiet leer leerlinge selfdissipline, selfbeheer en konsentrasie. Hoewel ‘n skut nie die fisiese vermoë van ‘n kontaksportdeelnemer hoef te hê nie, vereis dit algemene fiksheid ten opsigte van veral die hart en asemhalingstelsel, asook ‘n gesonde leefstyl. Skyfskiet bied ‘n geleentheid aan die kind wat nie die persoonlikheid het om in groepsverband te kan meeding nie. ‘n Skut se skietloopbaan hoef nie na ‘n tyd verby te wees soos byvoorbeeld by rugby nie – skyfskiet is ‘n leefstyl wat vir jare na skool nog kan voortduur.

STOFFBERG, DIE SKOOL WAAR ONS, ONS MENSE SE POTENSIAAL TEN VOLLE ONTWIKKEL
© (2019) HS Stoffberg. All Rights Reserved.